| Baälpriesters en Valse priesters in die Christendom :Website Builder |
| Inhoud :Insetsel deur Woordverwerker :Hoofstuk 1 :Hoofstuk 2 :Hoofstuk 3 :Hoofstuk 4 :Hoofstuk 5 :Hoofstuk 6 :Hoofstuk 7 :Hoofstuk 8 :Hoofstuk 9 :Hoofstuk 10 :Hoofstuk 11 :Hoofstuk 12 :Hoofstuk 13 :Hoofstuk 14 :Hoofstuk 15 :Hoofstuk 16 :Hoofstuk 17 :Hoofstuk 18 :Hoofstuk 19 :Hoofstuk 20 :Hoofstuk 21 :Hoofstuk 22 :Hoofstuk 23 :Hoofstuk 24 :Hoofstuk 25 :Hoofstuk 26 :Boeke |
| 1> Die Koninkryk van die hemele :2> Die Koninkryk van die hemele sal op aarde wees :3> Koning YaHshua word ook genoem David :4> Koninkryk van hemele net vir Israel alleen :5> Vreemdes en uitlanders mag nie heers oor Israeliete :6> Die uitgeputte aarde sal weer vrugbaar :7> Koninkryk soos volksraad stelsel |
| Hoofstuk 26 Die uitgeputte aarde sal weer vrugbaar word |
|
DIE UITGEPUTTE AARDE SAL WEER VRUGBAAR WORD Wat gaan gebeur dat die aarde en die grond wat al so baie deur die mens uitgeput is, so vrugbaar te maak om te voldoen aan die wonderlike beloftes vir die wonderlike koninkryk waar die maaier die saaier sal agterna loop en dat daar 'n oorvloed van alles sal wees? Ons leer en ons weet dat Yahweh wonderbaar is en Hy kan wonderbaarlike dinge doen op baie verskillende maniere deur sy verstand en sy Heilige Gees. Ons vertroue is in Hom; en ons twyfel geensins aan Hom nie. Dit maak ook nie saak hoe Hy dit doen nie. Hy maak egter baie gebruik van sy natuur om sy werke te doen; en daar bestaan natuurlike moontlikhede hoe dit miskien gedoen kan word. "... en die see was daar nie meer nie". Openbaring 21:1. Hoe gaan die see verdwyn? Een moontlikheid is, dat dit as gevolg van 'n geweldige afset van kernontploffings kan gebeur wat 'n reaksie aan die gang gesit kan word dat die water van die see geskei kan word: Die suurstof en die waterstof van mekaar geskei word. Natuurlik onder beheer van die Heilige Gees van Yahweh na sy wil. Dan sal die waterstof weer hoog opgaan soos in die voortyd en die suurstof laag bly. Deskundiges beweer dat in die ou voortye alles so geil was as gevolg van die baie suurstof. Geweldige plantegroei en reuse oerdiere en insekte. Dink maar aan ons landboumetodes. Losmaak van die grond om beter indringing van suurstof teweeg te bring wat die plante beter laat groei, of selfs ekstra toediening van suurstof wat 'n groot verskil aan die groei maak. Die rol van suurstof deur die medici, ensovoorts. Ons wil geen verklaring maak nie, maar as so iets moet gebeur, kan dit verrykende gevolge hê. Dit is maar net vir interessantheid. Ons is tevrede met enigiets wat Hy doen. Ons weet uit die woord van Yahweh: Die koninkryk gaan wonderlik wees.
|
| Laaste keer geredigeer: 2005 / Geplaas: 31 Maart 2017 |
